top of page
0A9F4546-991E-4B76-9A56-69B7342B3B8F_edited.jpg

Als-In-Oorvloed Akkommodasie

Matt 11:28 - 30 ““Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig.””‭‭

Als-In-Oorvloed Akkommodasie Merwevillle bied n verskeidenheid verblyf opsies aan! Jy is WELKOM om te bespreek vir n naweek of langer! Bly tot jy uitgerus voel!

Meer oor die
van Wyk’e en
Als-in-Oorvloed Akkommodasie

Die van Wyk’e is: Simon, Lana, Frederick en Eben van Wyk!

Ons het 2020 Merweville toe verhuis vanaf die Paarl en het onmiddellik verlief geraak op die dorp en sy mense! 
In Merweville self het ons - Inidorp Gastehuis. 

Op ons plaas so 40km buite Merweville het ons - Inibos "Wild Camping"

Binnekort sal daar ook wees - Iniveld Kampplekke wees! 
Ons bied ook: 

Stap roetes (prayer walks); 

Voël kykers moet hul boeke en verkykers saambring 

Daar is verskeidenheid natuurlike klein wild ook wat hier baljaar en

Bring jul UV lights om die “glow in the dark” skerpioene te kan vind!

Untitled
IMG_5523.jpg

Inidorp Gastehuis

Stap veilig na die kafee op die hoek

vir roomys, loslekkers of dalk n stukkie koek! 🍦🍬🍰

Geniet n melkskommel by Die Boekklub

drink tee, koffie of dalk eerder sap?🫖☕️ 


Braai onder die Karoo sterre

Dis die mooiste by verre! 🔥 ✨

Die huis hoef jul met niemand te deel 

als in oorvloed, maar nie te veel 😉


Kom kyk ons nuwe 2 slaapkamer gastehuis en voel sommer dadelik tuis! 🛌 🛏 🛁 

Die lugreëling sal jul gou afkoel

terwyl die elektriese kombers/kaggel jou warm sal laat voel! 🥶 🥵

IMG_7157.JPEG

Stoep Kamer

Die kamer was glo die oorspronklike voorstoep van die huis en is later jare toe gebou. Die een is ook die groter kamer van die twee kamers. 

1 x Dubbelbed

1 x Aircon

Ekstra Kamer

Die vorige eienaars vertel dat die ekstra kamer gereeld bewoon was gedurende die week deur kinders wat op plase gewoon het in die Merweville omgewing. 

Hul het dan deur die week skool gegaan uit die huis en naweke plaas toe gegaan!

1 x Dubbelbed

Untitled
IMG_5839.jpg

Inibos Wild Camping

“Glamping”?

Nee dankie ons doen “Wild Camping” 


Ablusieblokke?

Nee wat ons maak soos die bokke! 


Op die koppie of in die rivier

Jul kan kamp vir die plesier!

Geen fasiliteite - dis die ware feite!


Jy los niks agter behalwe spore en neem niks saam behalwe goeie fotos!

COMING SOON!!!


Iniveld Kampplekke

Screenshot 2022-11-10 205218.png

Kontak my

Whatsapp number 0749942020

50 Voortrekker street, Merweville, 6940

0749942020

  • Facebook
  • Instagram

Thanks for submitting!

Contact

0749942020

©2022 by Als-In-Oorvloed Akkommodasie. Proudly created with Wix.com

bottom of page